Local newsSport

Volkies sit hul beste voet voor

Die leerders het hul kant op die rugby- en krieketveld gebring.

Hoër Volkskool se leerders het in die dae voor die Oktober vakansie welslae op die sportveld behaal.

Krieket:

Kolwer Maro Harkopf het ‘n goeie hondertal aangeteken.

Tydens die Leeu proewe het Dave Pelser die meeste paaltjies laat kantel en Maro Harkopf het ‘n uitstekende honderdtal aangeteken.

Rugby:

Volkskool se o15 rugbyspan het aan die Noordvaal sewes toernooi by Monument Hoërskool deelgeneem, waar Volkskool se span derde geëindig het.

Dave Pelser in sy boulaksie.

In die proses het hulle net een wedstryd verloor. Volkies het ook verskeie spelers van die wedstryd in hulle wedstryde gehad. Die spelers was Juandre Pretorius, JR Liebenberg en Jerado Tafel.

Die wedstryd tellings was as volg: Volkskool 20 – Marais Viljoen 10, Volkskool 24 – Rustenburg 14, Volkskool 33 – Menlopark 10.

Kwart eindrondte: Volkskool 10 – Transvalia 5.

Half eindrondte: Zwartkop 26 – Volkskool 14. Uitspeel vir derde plek: Volkskool 24 – Waterkloof 15
Die wenners van die toernooi was Zwartkop met ‘n eindtelling van 22 – 21 (Monument).

Related Articles

Back to top button