Local news

Vissie leerders bied ‘n puik revue aan

Laerskool AG Visser se leerders het die gehoor aanhul voete gehad.

Die Laerskool AG Visser het onlangs hulle Vissie Teater Revue by die skool aangebied.

“Die deelnemers het hard gewerk om die skouspel op die planke te bring,” het AG Visser se skoolhoof, Selma Marx gesê.

Laerskool AG Visser skoolhoof Selma Marx open die revue.

“Ek is werklik trots om die talent, wat daar in die skool is, te beleef. Met soveel talent sien ek ‘n rooskleurige toekoms vir die leerders, onderwysers en die skool self,” het sy bygevoeg.

Carla Benade sing tydens die Vissie se Teater Revue.

Leerders van al die grade het aan die revue deelgeneem en die gehoor was in vervoering met die optredes en musiekstukke wat opgevoer was.

Leerders van al die grade het met oorgawe deelgeneem.
Al die Vissie Teater Revue deelnemers saam op die verhoog.
Leerders wikkel hul lywe op die maat vann vrolike musiek.
Leerders in aksie op die verhoog.
Geen moeite is ontsien om ‘n skouspel op die planke te bring,

Related Articles

Back to top button