Local news

Poppekas vind groot byval by senior burgers

Karakters asook musiek en stories is ingespan om die gaste te vermaak.

Solidariteit Helpende Hand Heidelberg-tak, met Patricia Meyer aan die stuur het ‘n op 29 September ‘n genotvolle poppekasvertoning vir die inwoners van die Suikerbosoord aangebied.

Debbie Lowther van Leo’s Entertainment het vir die poppekas gesorg en karakters asook musiek en stories is ingespan om die gaste te vermaak.

Debbie Lowther met een van haar poppekas karakters.

Nico Jansen van Vuuren van die Helpende Hand Nigel-tak het die verrigtinge met gebed geopen.

Nico Jansen van Vuuren van Helpende Hand Nigel-tak .

“Dit is vir ons ‘n voorreg om die inwoners van die Suikerbosoord te bederf. Ons wil hulle almal bedank en hul laat weet dat hulle nog waardevol is en ons waardeer die opofferings wat hulle vir ons gemaak het,” het Patricia Meyer gesê.

Marlene Walkden, maatskaplike werker by die oord het almal verwelkom.

Persone wat betrokke wil raak by Solidariteit Helpende Hand kan Meyer by 083 305 3577 kontak.

Patricia Meyer van Helpende Hand Heidelberg-tak.
Debbie Lowther het die senior burgers vermaak.

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button