Local news

Besoekers kom van heinde en ver vir die ‘Great Train Race’

Die 'Great Train Race' het op 29 September plaasgevind.

Die ‘Great Train Race’, wat ‘n jaarlikse instelling is en honderde mense na die dorp lok, het Saterdag weer eens nie teleurgestel nie.

Die Rovos Rail luukse trein, Tiffany, het sowat 09:00 by die Heidelberg Stasie ingetrek waar ‘n magdom veteraan motors en motorfietse die trein welkom geheet het.

Toeskouers van naby en ver het by die stasie die trein ingewag om foto’s van die unieke trein, motors en ander besienswaardighede te neem.

Na die verrigtinge by die stasie kon besoekers hul pad na die Heidelberg vliegveld maak om meer van die dag se verrigtinge daar te geniet.

Bob en Ilze Bouwmeesters van Midstream het in ‘n 1933 Rolce Royce Tourer vir die geleentheid opgedaag.
Jacquie Pastor, Jenna Pastor en Enzo Alkaraz het met ‘n Ural Sidecar motorfiets vir die geleentheid opgedaag.
Die Rovos Rail luukse trein, Tiffany, het ongeveer 09:00 by die stasie ingetrek.
Engela Botha en Charles Gordon het die dag geniet.
Grant Biddulph en Sidney Biddulph van Johannesburg was gereed vir die dag.
Hannetjie Storm, Flip Storm, Jolene Potgieter, Jaco Hougaard, Kwagga Groenewald en MW Scheepers het, soos talle ander besoekers, opgetof vir die geleentheid.
Taco Kamstra en Jeanette Steenkamp het in ‘n high wheeler kar talle bewonderaars se aandag getrek.

Related Articles

Back to top button