Local news

Operasie Dwergvalk van stapel gestuur

Die eenheid streef daarna om die jeug te leer oor lewensvaardighede.

Die Suid-Afrikaanse Weermag Vereniging, Eenheid Suikerbos is nie net daar vir die veterane weermaglede nie, maar fokus ook op die jeug en die gemeenskap.

Die projek se naam is Operasie Dwerg Valk en word spesifiek op die jeug gemik.

Twee lede van Eenheid Suikerbos se leierskorps, Willem Pretorius (onder voorsitter) en Hannes Louw (adjudant) het dit op hulle skouers geneem om die jeug te ondersteun.

Eenheid Suikerbos is gewillig om organisasies en skole se jeug touwys te maak rakende oorlewing, avontuur, leierskap, veldkennis, handvaardigheid en nog meer.

Hiérdie gratis dienste kan of op die skoolterrein of by bestaande kampe, wat reeds beplan is, geïmplimenteer word.

SAWV Veterane Eenheid Suikerbos adjudant, Hannes Louw.

Plaaslike skole, Solidariteit- Helpende Hand, die Voortrekkers en AfriForum is reeds genader oor die diens wat gebied word.

“Dit is nie ons oogmerk om te oorvleuel met wat die kinders reeds in die skool leer nie, maar eerder om aan te vul by dit wat die kinders klaar geleer het,” het Pretorius gesê.

“Ons kan ons metodes en style aanpas by elke skool of instansie soos die nood en behoeftes bepaal word.
“Ons gaan juis in Oktober op ‘n week kamp om die kinders te leer.

“Ons wil ook verseker dat dit genotvol is en nie altyd ernstig nie, en laastens wil ons die jeug ook geestelik ingesteld te kry om probleme aan te spreek.

“Ons as Eenheid Suikerbos voel dat elke persoon sy kennis en ervaring met ander kan deel om hulle te versterk in hulle daaglikse lewens,” het Pretorius bygevoeg.

As enige persoon meer wil weet of die dienste wil gebruik of selfs hulp wil verleen in die vorm van donasies of borgskap kan Frik van Niekerk kontak by 079 220 5555.

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button