Laer Volkskool se leerders presteer

Goeie buitemuurse resultate vir Volkies.

Laer Volkskool het die afgelope week goeie uitslae buite die klaskamer opgelewer.

• Landloop:

Vier Volkies het aan die ASA Landloop Kampioenskappe in Gqeberha deelgeneem.

Hulle is Natalie Bolton (o13), Adriaan Coetzee (o12), Christiaan Lewis (o10) en Rowan Bolton (o10).

Christiaan het ‘n derde plek behaal en Adriaan het ‘n vyfde plek los gehardloop.

Beide die langasems het op 13 September toekennings tydens die Gauteng Skole Landloop erefunksie ontvang.

• Redenaars:

Hendrè de Wet was die algehele wenner vir redenaars (Graad Twee) by die Alberton Eisteddfod.

Hendrè de Wet met die sertifikaat wat hy ontvang het.

Mala van Jaarsveld (Graad Ses) het aan die Interskole Redenaars Nasionale Finaal deelgeneem by Wits Universiteit, waar sy in die top vyf geëindig het.

Mala van Jaarsveld.
Exit mobile version