VLU-lede geniet gesellige byeenkoms

Die vroue het die tak se Septembermaand vergadering geniet.

Lede van die Rensburg VLU het op 12 September hul maandelikse vergadering geniet.

Joanie Geldenhuys het die vergadering geopen en die boodskap, dat vroue meer werd is as korale, oorgedra.

Tydens die vergadering het verskeie lede ook vir die tak meer oor hul ervaring by die onlangse kongres in Meulstroom vertel.

Sowat 15 lede van die tak het die kongres einde Augustus bygewoon.

“Dit was ‘n wonderlike ervaring en was beslis hope pret,” het Anetha Hammond vertel.

Elmarie Eygelaar het vir die vroue meer oor die boom van die jaar en voël van die jaar vertel.

“Van die nuwe mense wat ons ontmoet het tot die aand se glansryke tema van ‘A Night at the Oscars’, het gesorg dat ons onsself behoorlik geniet en sal ek beslis volgende jaar weer gaan.”

Een van die tak se lede, Babsie Knoesen, het ook tydens die kongres ‘n tweede plek vir haar breiwerk ontvang.
Marty Jerling (voorsitter) wat die prys namens Knoesen tydens die kongres ontvang het, het dit tydens die vergadering aan haar oorhandig.

Marty Jerling (voorsitter) het aan Babsie Knoesen haar prys vir haar breiwerk oorhandig.

Elmarie Eygelaar het ook terugvoering gegee oor die streek en tak se finansiële verslae, terwyl Petra Basson oor die nuwe kompetisie artikels uitgebrei het.

Eygelaar het ook vir die vroue meer oor die boom van die jaar, die Olienhout en die Vanwykshout, sowel as die voël van die jaar, die Kaapse Papegaai vertel.

Die tak sien uit na hul volgende vergadering, wat op 10 Oktober sal plaasvind.

Exit mobile version