Local news

Nigel Boerefees beloof hope pret

Die Shaking Nigel Boerefees sal hope aktiwieteite vir die gemeenskap inhou.

Die Shaking Nigel Boerefees, wat deur Earth Owl aangebied word, sal op 7 Oktober by die Nigel Rolbalklub ten bate van ‘n goeie doel plaasvind.

Alle fondse wat op die dag ingesamel word sal aan die plaaslike kinderhuis, die Umephi Villa Liberi Child and Youth Centre geskenk word.

“Ons het onlangs ‘n stempeiling in die gemeenskap gedoen om te bepaal vir wie of wat die gemeenskap sal ondersteun,” het Roché Pepler van Earth Owl gesê.

“Die meeste mense het vir kinders en diere gestem. Ons het ons jaarlikse gemeenskapsprojek op die Villa Liberi kinderhuis gebaseer.

“Earth Owl pak elke jaar ‘n projek aan wat op die gemeenskap fokus en die jaar sal alle fondse aan die kinderhuis geskenk word.”

Die Shaking Nigel Boerefees beloof talle aktiwiteite op die dag wat onder andere ‘n plaaslike mark, ‘n kinder speelarea, ‘n potjiekos kompetisie, vermaak en ‘n pretstap insluit.

Die wenners van die potjiekos kompetisie sal ook pryse ter waarde van R12 600 ontvang.

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button