Local news

Masincidane bied suksesvolle gesinsdag aan ter stuiwing van fondse

Die fondse wat ingesamel is sal bydra om die huidige perseel te koop.

Die Masincedane Helpmekaar Klub vir gestremde volwassenes het op 9 September ‘n fondsinsameling aangebied in die vorm van ‘n familie pretloop/draf-dag.

Dit was aangebied by die Tuin van Eden net buite Heidelberg.

Die fondse wat ingesamel is, sal bydra om die perseel, by Spruytstraat 26 waar die klub tans geleë is, te koop en te verbeter.

Daar was verskeie aktiwiteite op die dag aangebied, wat insluit ‘n 3km pretstap waaraan selfs die gestremdes deelgeneem het, ‘n 5km en 10km stap en draf langs die mooiste uitkykpunte en roetes.

Daar was verskeie stalletjies waar die deelnemers en hulle families hulself kon bederf met kos en goedere.
Giovanni de Vito het musiek vermaak verskaf.

“Ons waardeer elke person wat opgedaag het. Die dag was goed ondersteun en Masincedane is dankbaar vir al die ondersteuning van die publiek en goedhartige borge,” het Christine Kruger Masincedane se bestuurder en stigterslid gesê.

“Die hoop is dat hierdie geleentheid jaarliks sal groei en die gemeenskap meer geleenthede sal gee om deel te wees van hierdie kosbare projek.

Besighede of individue wat bydraes wil maak of meer van die klub te wete wil kom, kan Christine Kruger by 083 468 3358 kontak.

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button