Local newsSchools

Laer Volkskool se leerders laat nie op hul wag

Die Volkies het op verskeie vlakke welslae behaal.

Laer Volkskool se leerders het die afgelope week uitgeblink.

• Landloop: Vier atlete is in die AVT Landloopspan opgeneem.

Die atlete gaan op 16 September aan die Atletiek Suid-Afrika Landloop Kampioenskappe in Gqeberha deelneem.
Die atlete is Natalie Bolton, Adriaan Coetzee, Christiaan Lewis en Rowan Bolton.

Christiaan Lewis en Adriaan Coetzee het aan die Gauteng Landloop Kampioenskappe deelgeneem.

Verder het Adriaan Coetzee en Christiaan Lewis aan die Gauteng Kampioenskappe in Vanderbijlpark deelgeneem.
Lewis het eerste geëindig in die seuns o10 groep en Coetzee sesde in seuns o12.

• Redenaars: Suané Matthews het op 31 Julie aan Oppie Tong Af Redenaars se aanlyn kompetisie deelgeneem.
Met haar goeie spraakvermoë het Suané deurgedring na die nasionale rondte in Centurion, wat op 12 Oktober plaasvind.

Suané Matthews het aan die Oppie Tong Af Redenaarskompetisie deelgeneem.

• Wiskunde Olimpiade: Janco Jordaan (Graad Drie) het aan die ‘Numeracy Challenge’ op distrikvlak deelgeneem.
Janco het as wenner van sy ouderdomsgroep weggestap. Hy het ook ‘n tweede plek in die ‘Mental Maths Challenge Level’ verower.

Janco Jordaan het aan die Wiskunde Olimpiade deelgeneem.

Jordaan gaan op 17 en 18 Oktober sy provinsie verteenwoordig.

Related Articles

Back to top button