Inwoners van die Suiderbosoord heet elke jaar die lente met groot geesdrif welkom en Vrydag was geen uitsondering nie, toe die jaarlikse lenteloop plaasgevind het.
Vanjaar se tema was Terug Skool Toe en die inwoners het in skooluniforms aan die loop deelgeneem.
Daar is gestap en gesing en lekker roomys geëet.