Local news

Inwoners vier die koms van lente

Die lenteloop is jaarliks 'n groot gedoente by die oord.

Inwoners van die Suiderbosoord heet elke jaar die lente met groot geesdrif welkom en Vrydag was geen uitsondering nie, toe die jaarlikse lenteloop plaasgevind het.

Vanjaar se tema was Terug Skool Toe en die inwoners het in skooluniforms aan die loop deelgeneem.

Daar is gestap en gesing en lekker roomys geëet.

Marie van Niekerk-Benadie het die inwoners met die trekklavier vermaak.
Die inwoners van die Suikerbosoord wat aan die kenteloop deelgeneem het.
Daphne Terblance het die prys vir die bes gekleede skooldogter gewen. Liza Kiley het die prys aan haar oorhandig.
Richard Warrington, Susan van Niekern, Drien van As en Liza Kiley.
Miemie le Roux en Lien Venter is reg vir skool.
Liza Kiley en Letitia de Jager het ‘n klas vasvrae behartig.
Susan van Niekerk en Drien van As het die oggend geniet.

Related Articles

Back to top button