Heigel Fotoklub wys Jullie se wenners aan

Heigel se fotograwe skitter.

Heigel Fotoklub het hulle maandelikse vergadering is op 16 Augustus in Nigel gehou.

Fotograwe van Nigel sowel as Heidelberg en die omgewing vorm lede van die klub.

Tydens die vergaderings word daar deeglike terugvoering gegee oor foto’s wat vir die maandelikse kompetisies ingeskryf word.

Nuttige wenke word ook gedeel.

Daar was altesaam 40 foto’s vir Juliemaand ingeskryf, met drie beoordelaars wat die bestes gekies het.

Die algehele wenfoto met die tema, Groen in die Woestyn is deur fotograaf Dawie de Villiers geneem.

“Dit is opwindend om te sien dat die getal inskrywings elke maand groei,” het Francois van Jaarsveld, voorsitter van Heigel Fotoklub gesê.

“Die foto’s is uit die boonste rakke en ons kan sien hoe ons fotograwe elke maand verbeter.”

Julie se wen voorgeskrewe onderwerp was Voëls in vlug.

Die wenfoto was Uil in Vlug wat deur Dawie de Villiers geneem is.

Die algehele wenfoto was Groen in die Woestyn ook deur De Villiers en die junior wenner was Tussen Blomme deur Andrew Watts.

Die voorgeskrewe onderwerp vir Julie was Voëls in vlug. Die foto deur Dawie de Villiers is aangewys as die wen foto.

Die temas vir die res van die jaar is:

Augustus: Erosie (kleur)

September: Tafel Blad en stil lewe (kleur)

Oktober: Lelie (kleur)

November: Sonsondergang/Opkoms (kleur).

Die volgende byeenkoms is op 14 September.

Kontak Francois van Jaarsveld by 083 659 9657.

You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version