Dorp netbalspan maak skoonskip

Volkies se Dorp-span het hierdie jaar koning gekraai

Hoër Volkskool se twee netbalspanne (Dorp en Brakke) het op 17 Augustus het op die netbalbaan in twee wedstryde teen mekaar gewedywer.

Die wedstryde was deel van die Dorp vs Brakke (Koshuis-reeks).

Die senior Dorp netbalspan hou die trofee omhoog.

Die gesogte trofee was in 2022 deur die Brakke gewen.

Die Dorp het egter dié keer skoonskip gemaak deur die junior sowel as die senior wedstryde te wen.

Die junior Dorp netbalspan na hul oorwinning.

Voor die finale wedstryd het die Dorp sowel as die Brakke die skare vermaak met ‘n dans, elk om hulle dominansie vroeg te bewys.

Dorp het die dans ook gewen met die Leeuloop.

Die speler van die wedstryd was Carla Viljoen.

Dorp het verdien om as wenners van die baan af te stap en het nou die spogregte vir die volgende jaar as kampioene op die netbalbaan.

Die Brakke se spelers het gedans op die maat van I have a feeling.
Die Dorp se spelers doen die Leeuloop op die baan.
You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version