Local newsSport

Hengelaars katrol talle vis uit die water

Die hengelaars het hul goed van hul taak op die dag gekwyt.

Sowat 24 lede van die Balfour Hengelklub het op 12 Augustus aan die klub se maandelikse kompetisie deelgeneem.

Augustusmaand se kompetisie was by Kees van der Walt langs die Vaaldam gehou.

Tydens die kompetisie het die lede sowat 104 visse uit die water gekatrol.

Die wenners tydens die kompetisie was (plekke word van eerste tot derde aangedui):

• Senior mans:

Lukas Stoltz het ‘n totaal van 20 vis (9.951kg) uit die water katrol.

James Buys het 11 visse (4.088kg) tydens die kompetisie gevang.

Bennie Kriel het 10 visse (6.767kg) op die dag gevang.

• Vroue wenners:

Sarita Stoltz het 11 vis met ‘n totale gewig van 5.081kg op die dag gevang.

Sonja Brits het twee visse gevang met ‘n gewig van 3.987kg.

Darrell Roos het ook twee visse gevang met ‘n totale gewig van 0.906kg.

• Junior wenners:

Anthony Muller het hom goed van sy taak gekwyt met vyf visse (2.692kg).

Arno Pretorius het vier visse uit die water katrol met ‘n totale gewig van 1.102kg.

Kallie Kriel het twee visse (1.306kg) op die dag gevang.

Tydens die dag se kompetisie het die volgende lede ook die swaarste visse van die dag gevang:

Bennie Kriel met die swaarste karp (1.014kg).

Brits met die swaarste graskarp (3.657kg).

Lukas Stoltz met die swaarste moddervis (0.686kg).

Muller met die swaarste baber (1.015kg).

Steven Pretorius het die swaarste geelvis (0.491kg) gevang.

Die klub se volgende kompetisie sal op 2 September by Draaifontein langs die Vaaldam gehou word.

Vir meer inligting kontak Lukas Stoltz by 084 757 6058 of vir Bennie Kriel by 079 888 6052.

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button