Local newsSport

Ruiters blink uit by jeugkampioenskappe

Die ruiters het tydens die onlangse skoolvakansie uitgeblink in verskeie kategorieë.

Drie leerders van die Hoër Volkskool het hul skool en gemeenskap se naam hoog gehou tydens die onlangse skoolvakansie by die SA Jeugkampioenskappe (Kyalami).

Die drie ruiters, Lalie van der Merwe, Lenya Price en Adrienne MacDonald-Hutchenson se uitslae was:

Van der Merwe het die Victor Ludorum vir voorlopige dresseer (prelim dressage) ontvang. Tydens die kampioenskappe het Van der Merwe ook ‘n eerste plek in vrystyl dresseer asook twee tweede plekke vir voorlopige dresseer items verower.

Van der Merwe het ook aan eventing deelgeneem. Eventing bestaan uit drie fases, naamlik skouspring, dresseer en cross-country. Cross-country lyk meer soos ‘n tradisionele hindernis met spronge wat ook soos jagterklas hindernisse lyk. Perd- en ruiterpare ry tientalle uiteenlopende struikelblokke uit op ‘n oop baan wat oor ‘n heuwel en dal strek. Hierin het sy haarself goed van haar taak gekwyt en ‘n tweede plek behaal.

Lenya Price en haar perd Duneside Core is tydens die 2023 interprovinsiale jeugkampioenskappe vir die Gauteng eventing en junior elementêre dresseer spanne gekies.

Price het in die dresseer musikale ope item ‘n eerste plek behaal. Sy behaal verder in beide die junior elementêre dresseer kwalifiseerders twee derde plekke, en in die junior elementêr dresseer kampioenskapstitel ‘n algehele derde plek.

Die Gauteng junior elementêre dresseer span het ‘n algehele eerste plek tydens die jeug kampioenskappe behaal.
Price het ook aan eventing tydens die jeugkampioenskap deelgeneem, waartydens die Gauteng eventing span ‘n algehele tweede plek behaal het.

Gedurende die Dresseer Suid-Afrika Uitdaging (DSA Challenge) behaal Price verder ook ‘n eerste plek in die junior elementêre klas.

Adrienne MacDonald-Hutchenson het tydens hierdie kampioenskappe op die perd Gondor Penelope deelgeneem.

Lalie van der Merwe tydens die skouspring gedurende die SA Jeugkampioenskappe.

Sy het as deel van die Gauteng provinsiale span in die volgende spanne deelgeneem:

• Junior Ope Dresseer Span (derde plek)

• Junior Ope Eventing Span (tweede plek)

• Junior Ope Equitation Span (eerste plek)

Adrienne MacDonald-Hutchenson op Gondor Penelope tydens die skouspring kategorie.

Haar individuele uitslae op Gondor Penelope was:

• Eventing 1ster (sesde plek)

• Dresseer Elementêr Medium Kwalifiseerder (derde plek)

• Dresseer Kampioenskappe titel 2023 (tweede plek)

• Dresseer Musikaal Vryslag (tweede plek)

Adrienne MacDonald-Hutchenson op Gondor Penelope tydens die cross-country kategorie.

Op die perd Krushanise Nevada het MacDonald-Hutchenson as deel van die volgende Gauteng provinsiale spanne deelgeneem:

• Junior 85cm Eventing span (eerste plek)

• Junior Elementêr Dresseer span (eerste plek)

Lenya Price gedurende die SA Jeugkampioenskappe.

Haar individuele uitslae op Krushanise Nevada was:

• Eventing 85cm 2023 (eerste plek, kampioen)

• Dresseer Elementêr 5 (eerste plek)

• Dresseer Elementêr 6 (eerste plek)

• Dresseer Elementêr Kampioenskaptitel (eerste plek)

• Dresseer Musikaal vryslag (tweede plek)

MacDonald-Hutchenson was ook as die 2023 Elementêre Victor Ludorum aangewys.

Op die perd Milo het MacDonald-Hutchenson in die Gauteng provinsiale span deelgeneem waar die span ‘n tweede plek behaal het.

MacDonald-Hutcheson het ook aan die Dresseer SA Challenge deelgeneem en ‘n eerste plek behaal vir Junior Elementary vir Gauteng.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button