Local newsSport

Groot prestasie vir Ability Academy

Sebastian kom met brons huis toe.

Twee MMA vegters van Ability Academy in Heidelberg het onlangs na Abu Dhabi gereis waar hulle aan die IMMAF Jeug Wêreld Kampioenskappe deelgeneem het.

Die gevegte was in die Mubadala Arena gehou.

Sebastian Ferreira (17) en Arno Carstens (13) het waardevolle ondervinding tydens die kampioenskappe opgedoen.

Arno Carstens het in drie gevegte geveg.

Alhoewel hy nie ‘n wen kon aanteken nie, moes sy teenstanders hard werk vir hul oorwinnings.

Sebastian Ferreira se arm word omhoog gehou na een van sy oorwinnings.

“Carstens is verseker iemand om dop te hou en het al die kenmerke om ‘n kampioen te word,” het Ability Academy se afrigter, Stefan Pretorius gesê.

“Ons weet waaraan om te werk om te verseker dat Arno in die toekoms onstuitbaar kan word.”

Sebastian Ferreira het sy buiging by die toernooi gemaak en het homself behoorlik laat geld.

Hy het teen verskeie internasionale vegters van onder andere Armenia, Kazakhstan, Ierland en Oekraïne te staan gekom. Sebastian het sy eerste drie gevegte gewen.

Arno Carstens met die Suid-Afrikaanse vlag in Abu Dhabi.

In die semi-finaal het hy vasgeval en met brons medalje huiswaarts gekeer.

“Sebastian het ‘n klein foutjie in sy laaste geveg gemaak wat hom die wen gekos het,” het Pretorius gesê.

“Hy het baie geleer en die ondervinding sal Sebastian beslis tot groter hoogtes aanspoor in die toekoms.”

‘n Verdere eer vir Sebastian is dat hy die eerste jeugvegter geword het wat drie agtereenvolgende gevegte vir Suid-Afrika by die toernooi kon wen.

Related Articles

Back to top button