Local news

VLU lede geniet interessante vergadering

Die vroue het tydens die vergadering geleer wat die impak van aardverwarming is op die see.

Lede van die Nigel VLU het op 10 Augustus hul maandelikse vergadering gehou.

Met die tema en studierigting van die jaar, naamlik omgewingsake, het die vroue meer geleer oor die effek van aardverwarming op seelewe en skulpe.

Elsa Greyling, saam met Tonien Botha, Annetjie Lehman en Erna du Toit het gesorg dat die tema goed afloop.
Botha het aan die vroue verduidelik hoekom aardverwarming ‘n impak op seelewe en veral skulpe het.

Susan Valentine het ook vir die vroue meer oor die bome van die jaar, die Vanwyks en die Olienhout vertel.

Teen die einde van die vergadering het gasspreker, Amanda Viljoen, die vorige bevelvoerder en kolonel van die Heidelberg SAPD vir die vroue meer vertel oor hoe sy kreatiwiteit inspan om haar nou besig hou.

“Elke vrou is hard en goed in jou eie mag,” het Viljoen gesê.

Annetjie Lehman, Elsa Greyling en Erna du Toit het die tema van die dag goed beplan.

“Ons begin vroeg oggend al vir ons families sorg en dan was ons nog nie eers by die werk nie. Soms hanteer ons talle negatiewe dinge en dan is ons nog steeds vriendelik en liefdevol in die aande as ons weer ons familie versorg.

“Vroue is sterk, selfs al dink ons nie altyd so nie. Om kreatief te wees, of dit skilder is of koeke bak, om net iets anders te doen help so baie om veral die negatiewe dae te hanteer,” het sy gesê.

Viljoen maak nou allerlei kreatiewe dinge met laser sny.

Die Nigel-tak se volgende vergadering sal op 12 September plaasvind.

Vir meer inligting, kontak vir Anna-Marie Axer (voorsitter) by 082 886 2002 of vir Greyling by 083 703 1763.

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button