Local newsSport

Plaaslike dojos vaar uitstekend

Indo Pacific Beker Kampioenskapp vir plaaslike Karatekas.

Sensei Bernard Raubenheimer se karate studente van die Heidelberg en Nigel dojos het deur die jaar harde werk ingesit om sukses te bereik.

Vanaf 25 tot 29 Julie is die SA JKA internasionale swart gordel gradering tesame met die Nasionale JKA Kampioenskappe aangebied.

Twee lede van JKA hoofkantoor in Japan was by die geleentheid teenwoordig.

Die gradering was ook deel van die Afrika Beker kampioenskappe.

Heidelberg en Nigel se karate studente wat hulle swart gordel graderings gedoen het, het ‘n goeie 89% slaagsyfer behaal. Die slaagsyfer is baie hoër as die nasionale slaagsyfer.

Agt lede van Heidelberg en Nigel het hul verskeie graderings geslaag.

Sensei Bernard Raubenheimer het homself bewys met sy sesde Dan wat hy verwerf het. Sensei Philippe Venter (vierde Dan), Matthew Wentzel en Ruben Venter (tweede Dan), asook Diandré Botha, Owen Venter, Amanda van Wyk en Clarissa Steenkamp (eerste Dan) het uitgeblink.

Nege en vyftig studente van die Dojo’s van Heidelberg en Nigel het aan die JKA Karate Kampioenskappe by Ellispark se Binnenshuise Arena deelgeneem. Meer as 3 000 karate studente van regoor Suid-Afrika het saamgetrek om hul beste te lewer.

Die plaaslike dojos het 10 goud, sewe silwer en 15 brons medaljes verower.

Altesaam 36 karate studente het ook hulle nasionale kleure verwerf.

Daarmee saam het 15 van Raubenheimer se karate elite (swart en bruin gordels) studente gekwalifiseer om aan die Indo Pacific Beker Kampioenskappe in Mauritius deel te neem, waar hulle Suid-Afrika sal verteenwoordig.

“Die studente van Heidelberg en Nigel Dojo’s wat aan die kampioenskappe deelgeneem het, het ons naam baie hoog gehou en elke karate student het hul bes gelewer tydens die kampioenskappe,” het Raubenheimer gesê.

Related Articles

Back to top button