Local news

VLU lede vier vrouwees

Die vroue kon ook welbekende internasionale geregte geniet.

Lede van die Rensburg VLU-tak het op 8 Augustus hul maandelikse vergadering by Tania’s Table in die dorp gehou.

Die tema van die dag was internasionaal met die fokus op Vrouedag wat op 9 Augustus gevier is.

Marlize Muller en haar ma, Hettie Oosthuizen saam met Esra Leibold en Marty Jerling.

“Ons is almal ‘n vrou, ‘n ma, ‘n dogter, en ‘n eggenoot wat soveel verskillende rolle moet volstaan,” het Petra Basson ter opening gesê.

“Ons moet elke dag bereid wees om die rolle te vertolk en deur die werk wat ons as vroue doen, vereer ons die Here. Kom ons geniet die vrouwees en wat dit beteken om vrou te wees.”

Petra Basson, Lauretta Ninzi, Monica Shabalala en Martie Halgryn.

Basson, wat ook die sameroeper van die vergadering was, het die vroue meer vertel oor die internasionale tema en ook verskeie wenke gegee oor toer.

Die lede het verskeie stories gedeel oor hulle eie ervaringe in die buiteland en wat hulle daaruit geleer het.

Penny Bamine en Anetha Hammond het volgens die internasionale tema aangetrek.

Na afloop van die vergadering het Tania Snyman van Tania’s Table verskeie geregte van regoor die wêreld voorgesit wat die lede kon geniet.

Die tak se volgende vergadering sal op 12 September plaasvind. Vir meer inligting, kontak vir Marty Jerling by 082 465 9343.

Marina Bantjes en Geraldene Janck tydens die vergadering.
Annette Steyn het ook volgens tema aangetrek.
Louise Verdonck en Marty Jerling het die gesellige oggend geniet.

Related Articles

Back to top button