Operasie White Dove vind op Erfenisdag plaas

Gestorwe makkers gaan op Erfenisdag vereer word.

Die Suid-Afrikaanse Weermag Vereniging Veterane se Eenheid Suikerbos doen ‘n oproep op die gemeenskap om hul White Dove-geleentheid op 24 September by te woon.

“Ons wil graag hoor van mense in ons gemeenskap wat ‘n familielid verloor het in die weermag, polisie of enige ander uniformdraende eenheid in die beveiliging van Suid-Afrika,” het Frik Van Niekerk, voorsitter van Eenheid Suikerbos gesê.

“Op die dag gaan naasbestaandes ‘n geleentheid kry om ‘n protea neer te lê as eerbewys. Dit word jaarliks gedoen as deel van de SAWV se funksies om ons gestorwe makkers te vereer.”

Die geleentheid word jaarliks behartig, maar dit is die eerste keer dat Heidelbergers die geleentheid gaan kry om op Erfenisdag eer te toon.

Die geleentheid sal by die ou tronk in Jordaanstraat om 12:00 plaasvind.

“Die protea is simboliek en word deur die SAWV landswyd gebruik word,” sluit van Niekerk mee af.

Persone wat belangstel kan Frik van Niekerk by 079 220 58555 kontak.

Die afsnydatum is 12 September sodat die nodige reëlings getref kan word.

Die Erfenisdag uitnodiging.
You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version