Local news

AfriForum se werk gaan onverpoos voort

AfriForum het ook ‘n doelwit om die dorp veilig te hou.

AfriForum Heidelberg gaan onverpoos voort om die dorp op te knap.

Benewens die volgehoue projek om slaggate herstel, is AfriForum tans ook besig om padmerke oor te verf en padtekens op te rig sodat die gemeenskap en besoekers veiliger in Heidelberg kan ry.

Een van die voertuig handelaars in Heidelberg, AutoCity het ‘n voertuig geskenk om te help met die verfraaiing van Heidelberg.

Die AutoCity voertig wat deur ‘n hawelose persoon beskadig is.

Dié voertuig is egter onlangs beskadig toe ‘n bedelaar gepoog het om pale van die bakkie af te steel.

Die bedelaar het weg gehardloop en het in die taxi staanplek in Shalimar Ridge verdwyn.

AfriForum se GPF is tans besig om na die verdagte te soek aangesien daar ‘n beskrywing van hom is.

Buiten die verfraaiing van die dorp het AfriForum ook ‘n doelwit om die dorp veilig te hou met die samewerking van verskeie ander rolspelers in Heidelberg.

AfriForum se buurtwag is daagliks vrywilliglik besig om misdaad in die area te beveg.

Die gevoel van die bestuur by AfriForum is dat die gemeenskap van Heidelberg nie langer in hul huise agter sosiale media sleutelborde kan wegkruip nie.

Om aan te sluit by AfriForum kan ‘n e-pos heidelberg@afriforumtak.co.za

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button