Local news

Vossie hou skool se naam hoog

Lizé Lira (Graad Ses) is op pad na SA's vir perdry.

Lizé Lira, ‘n Graad Ses leerder van Laerskool Tini Vorster het onlangs met perdry uitgeblink.

Lira het haar skool verteenwoordig by die SANESA Ekurhuleni Gauteng finaal, waarin sy in twee kategorieë deelgeneem het.

Sy het vir beide die Dressage- en die Working Hunter kategorieë ‘n derde plek verower.

Lira gaan nou ook haar skool en die dorp by die SA’s verteenwoordig.

Related Articles

 
Back to top button