Besondere eer vir Eenheid Vlakvark

SAWV Veterane se Eenhed Vlakvark se werk kry erkenning.

Suid-Afrikaanse Weermag Veterane (SAWV) se Eenheid in Nigel, Eenheid Vlakvark, is tydens die algemene jaarvergadering van die SAWV vereer met ‘n sertifikaat van uitmuntendheid (Acta Non Verba).

Die toekenning word gemaak in gevalle waar die daad by die woord gevoeg is.

Die Veterane Eenheid het die toekenning ontvang na aanleiding van ’n geleenteheid wat op Erfenisdag (24 September 2022) aangebied is, naamlik Operasie Jagarend.

Die sertifikaat wat aan Eenheid Vlakvark oorhandig is.

“Eenheid Vlakvark het met Operasie Jagarend die eenheid na ‘n totaal ander klas geneem,” het Johan du Preez, voorsitter van die SAWV gesê.

Van die aktiwitiete wat op die dag aangebied was, was ‘n 2.4km wedloop, waaraan 680 deelnemers deelgeneem het asook handgranaat gooi en kettieskiet.

Ander items soos sakresies, bottelgooi, kruiwa resies en ’n verby vlug van militere helikopters het ook bygedra tot die sukes van die dag.

Karel Groesbeek, voorsitter van Eenheid Vlakvark en Johann du Preez, Voorsitter van die SAWV.

“Ons wil net vir elke lid en ondersteuner bedank wat die dag moontlik vir ons gemaak het en dus ook daartoe bygedra het dat ons die toekenning kon ontvang,” het Karel Groesbeek van Eenheid Vlakvark gesê.

Eenheid Vlakvark is in die gemeenskap en daar vir die gemeenskap met verskeie projekte wat hulle deur die jaar aanpak.

Dit is wel nie ‘n welsyn organisasie nie maar ‘n ondersteunende struktuur om uit te reik na die gemeenskap en oud-lede van die SAWV.

You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version