Nigel is reg om die Merlin Beker te verdedig

Nigel dring deur na die Merlin Beker finaal toe.

Nigel Rugbyklub het op 29 Julie in die semi-finale van die Merlin Beker hul staal gewys en na die finaal van die reeks deurgedring.

Die wedstryde was op die John Vorster Stadion in Nigel gespeel.

Nigel se eerste span het Sasolburg met 32-15 geklop en gaan nou hoop om hul titel suksesvol te verdedig.

Die punte is as volg aangeteken: Drieë: Freedom Ngubeni (2), Graig Pienaar (1) en Asande Mbatha (1).

Doelskoppe: Junaide Seedat (3) en Strafskoppe: Junaide Seedat (2).

Spelers van die wedstryd: Junaide Seedat en Frikkie Jansen

Nigel speel in die finaal van die Merlin Beker teen Meyerton.

Nigel se tweede span het in hulle semi-finaal teen Elsburg se tweede span te staan gekom.

Nigel tree as oorwinnaars uit die stryd met ‘n telling van 38–19.

Nigel se tweede span se punte is as volg aangeteken:

Drieë: Zama Ndawo (1), Hansie Rudolph (1), Dean Trytsman (1), Nicky Glad (1) en Thulani Plaatjies (2). Doelskoppe: Simphiwe Jange (4).

In Nigel se wedstryd finaal sal hul teen Benoni te staan kom.

Exit mobile version