Local newsSport

Berge deur na Kestrel finaal

Heidelberg verniel Vanderbijlpark.

Heidelberg Rugbyklub het op 29 Julie teen Vanderbijlpark in een van die Kestrel Liga semi-finale te staan gekom en het ‘n weghol oorwinning behaal.

Heidelberg het met 74–10 gewen.

Heidelberg en Vanderbijlpark het ‘n paar weke gelede in ‘n liga wedstryd teen mekaar gespeel wat in omstredenheid gedompel was.

Heidelberg was vasberade om te wys dat hulle dinge wou regstel.

Nigel op die aanval op Sasolburg se doellyn. Foto: Charlize Lourens

Die Berge het gewys dat hul ernstig is en het van meet af ingeklim en doelgerig gespeel.

Heidelberg het met rustyd reeds 53– 5 voorgeloop. In die eerste helfte het Heidelberg agt drieë gedruk teenoor een van Vanderbijlpark.

Vanderbijlpark wou na rustyd nie verder speel nie en was van plan om van die veld af te loop, maar as gevolg van reëls wat nagevolg moes word was Vanderbijlpark genoodsaak om vir ten minste 60 minute te speel voordat hul die handdoek ingegooi het.

Heidelberg op die aanval.

Na 60 minute het Vanderbijppark die stryd gewonne gegee.

Heidelberg het altesaam 11 drieë in die wedstryd gedruk.

Ses drieë was suksesvol vervyf asook een strafskop wat deur die pale gejaag is.

Vanderbijlpark het geantwoord met ‘n drie in beide helftes van die wedstryd.

Skrum word gevorm deur Heidelberg en Vanderbijlpark.

Die punte vir Heidelberg is as volg aangeteken:

Drieë: Duncan van Zyl (4), Brennan Ryan (3), Roaan Viljoen (1), Franco Strydom (1), Jason van Jaarsveld (1) en Armand Wessels (1).

Doelskoppe: Roaan Viljoen (5) en Armand Malherbe (1). Strafskop: Roaan Viljoen (1).

Speler van die wedstryd was: Roaan Viljoen

Duncan van Zyl op een van sy stormlope.

Heidelberg speel op 12 Augustus in de finaal van die Kestrel Beker.

Die Berge se teenstanders is Delmas. Delmas het in hulle semi-finaal met Oos- Rand Polisie afgereken.
Delmas het met 48–39 gewen.

Die finaal gaan op Kempton Park se velde beslis word.

Heidelberg druk een van hul 11 drieë.

Berge gaan hul bes doen om die beker te behou wat hulle verlede jaar verower het.

“Heidelberg Rugbyklub wil graag al die toeskouers bedank vir hulle ondersteuning en so ook al die borge wat agter die span staan.

“Verder wil ek ook graag vir Hoër Volkslool bedank vir hulle velde wat beskikbaar gestel is om te gebruik,” het Sean Greyling, Heidelberg se afrigter gesê.

Roaan Viljoen het die wedstryd gedikteer.
Jason van Jaarsveld neem ‘n strafskop waar.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button