Local news

Tuiste inwoners geniet inkleur projek

Die inwoners van die Tuiste het die inkleur projek geniet.

Inwoners van die Nigel Tuiste vir Bejaardes het onlangs aan ‘n inkleurprojek deelgeneem.

Die projek was voorgestel deur die vroue van die NG Kerk Nigel Moedergemeente en sowat 16 inwoners het op 8 en 15 Junie met groot ywer daaraan deelgeneem.

Die inwoners se kleurvolle prente is uitgestal.

Die gemeente het alle die inwoners wat ingekleur het met eetgoed en geskenkies bederf.

“Ons wil graag elke inwoner wat aan die inkleurprojek deelgeneem het bedank vir hul ywer en samewerking,” het Marlene Primo, maatskaplike werkster vir die tuiste gesê.

Antoinette Viljoen (links), Bettie Jansen, Evelyn Botha, Dolphine Barnard en Leslie Leesmann besig om in te kleur.

Sy het ook die vroue van die NG Moedergemeente bedank vir die inisiatief wat hulle aan die dag gelê het om die bejaardes op ‘n kreatiewe manier besig te hou.

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button