Vele sal weer jaarlikse kruistog aanpak

Die stappers sal op die roete by verskeie gebedstasies kan aandoen.

Die 2023 kruistog wat beplan word vir 5 Augustus beloof om weer ‘n groot geleentheid te wees.

Die kruistog is ‘n jaarlikse instelling, waar die gemeenskap bymekaar kom en die Suikerbosrand berg aandurf om tot by die kruis op die berg te stap.

Almal kom op die ingang naby die Heidelberg Kloof Reservoir bymekaar op die R42.

Die stap begin stiptelik om 09:00 by die voet van die berg waar ds Quinten Schimper van die NG Kerk, Rensburg, die staptog gaan open.

Na die opening kan die stappers op hul eie tyd die staproete aanpak.

Die stappers sal op die roete by verskeie gebedstasies kan aandoen.

Vir diegene wie se bene hulle nie al die pad na die kruis kan dra nie sal daar ‘n trekker en sleepwa wees om hul tot by die eindbestemming te vervoer.

Daar is al verskeie motorfiets klubs wat ookal aangedui het dat hul die kruistog saam met die gemeenskap gaan aanpak.

Bekende Heidelbergers onder andere Judith Kea, van Ysterperd Tert het aangedui dat hulle ook die staptog gaan meemaak. Kea gaan die stappers met haar sang trakteer.

Organiseerder, Poppie Brits het gesê dat hul die jaar weer ‘n rekordgetal stappers verwag.

“Ons sien daarna uit om vanjaar nog meer stappers te verwelkom waar ons tesame kan bid en alle lof aan ons Skepper bring,” sê Brits.

Persone watm meer inligting verlng of betrokke wil raak kan vir Poppie Brits by 082 854 4025 skakel.

Exit mobile version