Local newsSport

IMMAF Kampioenskappe wag vir plaaslike vegters

Twee van Ability Academy se top vegters is op pad na Abu Dhabi

Twee vegters van Ability Academy se tasse is gepak vir Abu Dhabi

Arno Carstens (13) en Sebastian Ferreira (17) gaan aan die IMMAF Jeug Wêreld Kampioenskappe deelneem wat vanaf 2 tot 5 Augustus in die Mabadala Arena in Abu Dhabi plaasvind.

Beide die vegters het vroeër die jaar aan die Suid-Afrikaanse Mixed Martial Arts (MMA) Kampioenskappe deelgeneem en was as wenners van hul onderskeie afdelings gekroon.

Met hierdie kampioenstatus was Carstens en Ferreira gekies om deel te wees van die Suid-Afrikaanse span vir die wêreldkampioenskappe.

In Carstens se afdeling (jeug C-48kg) gaan daar 13 deelnemers wees van onder ander andere Ierland, Saudi Arabië, Estonia, Indië en die VSA.

Ferreira was gekroon as K1 skopboks-en MMA kampioen in sy afdeling. In Ferreira se afdeling (jeug A-weltergewig 77.1kg) gaan daar 32 deelnemers in aksie wees.

MMA atlete van Tajikistan, Italië, Kazakstan, Nederland en Mexico is van die lande se deelnemers wat teen Ferreira gaan meeding.

“Dit is die tweede jaar dat Carstens aan die kampioenskappe gaan deelneem. In 2022 het Carstens agtste geëindig. Sedert Carstens se terugkeer het hy alles ingesit om homself te verbeter met die oog om as kampioen gekroon te word,” het Stefan Pretorius, afrigter van Ability Academy gesê.

“Ferreira beoefen sy sport al die afgelope nege jaar en het hard gewerk om te kon kwalifiseer vir die kampioenskappe. Ek is vol vertroue dat Ferreira hom goed van sy taak sal kwyt.”

“Om te sê ek is uiters trots op die twee lede kan nie meer beklemtoon word nie. Hulle het hard gewerk en verdien om internasionaal deel te neem,” het Pretorius bygevoeg.

Related Articles

Back to top button