Volkskool sukkel om Ligbron te tem

Volkies val vas teen Liggies.

Hoër Volkskool het op 22 Julie teen Ligbron in die Noordvaal Skild afdeling gespeel.

Volkskool het nog vakansie roes gehad wat hul moes afskud, en kon net in een wedstryd uit nege as oorwinnaars van die veld afstap.

Die uitslae is as volg:

o14A Volkskool 6 – Ligbron 8, o14B Volkskool 7 – Ligbron 40, o15A Volkskool 14 – Ligbron 12, o15B Volkskool 11 – Ligbron 29, o16A Volkskool 5 – Ligbron 15, o16B Volkskool 5 – Ligbron 33, derde span Volkskool 10 – Ligbron 52, tweede span Volkskool 14 – Ligbron 23 en eerste span Volkskool 19 – Ligbron 31.

Volkskool se volgende wedstryde is op 5 Augustus teen Hoërskool Lichtenburg op Lichtenburg se velde.

Exit mobile version