Local newsSport

Balfour Hengelklub vang groot

Sowat 18 lede van die klub het die koue langs die Vaaldam aangedurf.

Lede van die Balfour Hengelklub het op 8 Julie aan die klub se maandelikse kompetisie deelgeneem.

Die kompetisie was by Steyns langs die Vaaldam gehou.

Tydens die kompetisie het die lede altesaam 52 vis uit die water katrol met ‘n totale gewig van 30.909kg.

Die wenners tydens die kompetisie was soos volg (plekke word van eerste tot derde aangedui):

• Senior mans:

Lukas Stoltz het sewe visse uit die water katrol met ‘n totale gewig van 9.910kg.

Bennie Kriel het sy agt visse met ’n totale gewig van 3.037kg uit die water katrol.

Pieter Swanepoel het sewe visse met ‘n totale gewig van 3.678kg gevang.

• Vroue wenners:

Ingrid Kriel het ‘n totaal van vyf visse (2.206kg) uit die water getrek.

Irma Storbeck het ‘n totaal van drie visse (1.393kg) gevang.

Sonja Brits het drie visse (0.463kg) gevang.

• Junior wenner:

Kallie Kriel het twee visse uit die water katrol met ‘n totale gewig van 0.698kg.

Tydens die dag se kompetisie het die volgende lede ook die swaarste visse van die dag gevang:

James Walker het die swaarste karp (2.934kg) uit die water getrek.

Pieter Swanepoel het die swaarste graskarp (0.319kg) en die swaarste geelvis (0.404kg) gevang.
Storbeck het die swaarste moddervis (1.027kg) van die dag gevang.

Die klub se volgende kompetisie sal op 12 Augustus by Kees van der Walt langs die Vaaldam gehou word.

Vir meer inligting, kontak Stoltz by 084 757 6058 of vir Bennie Kriel by 079 888 6052.

Related Articles

Back to top button