Local news

Vusi rol self moue op om dorp skoon te hou

Vusi Kunene was geïnspireer deur ander wat ook die dorp skoon hou.

Freddie Vusi Kunene (62), ‘n inwoner van die dorp, het sowat twee maande gelede besluit om te help om die dorp skoon te hou.

Alhoewel hy self deur die dag werk, maak hy ‘n punt daarvan om elke aand vanaf 18:00 die area rondom die Standard Bank en ‘n gedeelte van die kanaal skoon te maak.

“Vusi het vir ons vertel dat hy gesien het hoe die dorp deesdae skoon gemaak word deur inwoners en besighede,” sê Ilze Willemse van die Skoon-Nigel groep.

“Hy het toe besluit om self ook in te spring en hoop dat hy ander mense sal inspireer om dieselfde te doen. Ons wêreld kort meer mense soos Vusi.”

Ansofi Grobler wat by Standard Bank werk, meen dat sy ‘n tyd gelede Vusi opgemerk het waar hy skoonmaak.
Grobler en een van haar kollegas maak ‘n punt daarvan om Vusi maandeliks by te staan en te bedank met ‘n klein bedrag geld vir sy harde werk.

“Dit het baie sleg gelyk hier,” het Grobler vertel.

“Maar vandat Vusi hier uit sy eie hier doenig is lyk dit al stukke beter.”

Volgens Willemse het Vusi slegs ‘n besem en ‘n graaf maar sal graag ‘n asblik en ‘n hark ook wil hê.

Related Articles

Back to top button