Volkie krieket sorg vir hoogtepunte

Gedurende die skoolvakansie het die Hoër Volkskool se eerste, asook die o15 na onderskeidelik Rustenburg en Potchefstroom getoer waar verskeie wedstryde gespeel was.

Die spelers het hulself goed van hulle taak gewyt en top krieket was aan die orde van die dag.

Die hoogtepunte vir die o15-span is:

Volkskool wen Hoërskool Hoogenhout met 181 lopies.

Francois Smith het 81 lopies en Jaco Botha 67 lopies aangeteken. Quentin Dietrechsen se boul ontleding is drie paaltjies vir 11 lopies.

Volkskool wen Oos-Moot met 25 lopies.

Jaco Botha moker 41 lopies en Dandre Louw neem twee paaltjies vir 15 lopies.

Volkskool teken weer ‘n sege oor Oos-Moot aan deur die 50-beurt wedstryd met 261 lopies te wen.

Jaco Botha het 83 lopies en drie paaltjies vir 37 lopies aangeteken.

Volkskool wen Overvaal met 71 lopies.

Quentin Dietrichsen behaal 100 lopies (nie uit nie), Stiaan van Rooyen slaan 84 lopies.

Quentin Dietrichsen neem twee paaltjies vir 17 lopies.

Volkskool se o15 krieketspan.

Volkskool se eerste span het gemengde welslae gehad deur teen Monument met 5 paaltjies te verloor en ook teen Rustenburg met 19 lopies te verloor. Hulle wen Middelburg Hoër met een paaltjie, verloor teen Potch Gimnasium met ses paaltjies en wen Klerksdorp met 65 lopies.

Beste prestasies van die week was:

Dave Pelzer 51 lopies (nie uit nie) van 35 balle teen Monument T20, 53 lopies teen Middelburg en vier paaltjies vir 40 lopies in 10 beurte teen Middelburg.

Matthew Wentzel teken 57 lopies aan teen Krugersdorp High School.

Anjo Swart 60 (nie uit nie) teen Monument en laat drie paaltjies kantel vir 15 in vier beurte in die T20 vs Rustenburg.

Mark Wesley Drinkwater neem drie paaltjies vir 14 lopies in vier beurte teen Rustenburg.

Exit mobile version