Local newsSport

Nigel Rugbyklub eindig bo-aan die punteleer

Die Nigel Rugbyklub het Saterdag in hulle laaste wedstryd teen Benoni Northens te staan gekom en hul eerste plek op die punteleer verseker.

Nigel wou regstel waar hul in hul vorige wedstryd teen Benoni naelskraap verloor het.

Nigel het met 30–12 gewen.

Met hierdie wen is Nigel Rugbyklub eerste in die Valke Merlin Liga.

Nigel rank hoog in die lynstaan.

Aan die begin van die wedstryd het Benoni al die speelwerk gedoen en hulle eerste drie na net 90 sekondes gedruk. Die vervyfskop was geslaagd. Daarna het Benoni weer ‘n drie gaan druk om 12-0 voor te loop. Die vervyfskop was mis gewees.

Dit was die enigste punte wat Benoni in die wedstryd aangeteken het.

Na Benoni se tweede drie het Nigel behoorlik in rat gekom en al die speelwerk gedoen.

Drie drieë was deur Nigel in die eerste helfte gedruk met een geslaagde vervyfskop.

Twee Benoni spelers probeer Nigel se aanval stuit.

Nigel het met 17–12 teen halftyd voorgeloop.

Die tweede helfte was meestal met rukke en stote gespeel was en waar nie een span vir die ander wou terugstaan nie.

Die spelers het goed ingeklim en groot duikslae was volop.

Nigel het twee strafskoppe in punte omskep en laastens ook ‘n laaste drie deur Graig Pienaar gedruk, met ‘n geslaagde doelskop.

Nigel en Benoni se tweede spanne sak in die skrum.

Benoni kon geen punte in die tweede helfte aanteken nie.

Daar was 13 skrums in die eerste helfte teenoor die 11 wat in die tweede helfte toegestaan is.

In die lynstaanafdeling was daar 24 lynstane gewees waar Nigel agt keer ingegooi het. Nigel het twee lynstane en Benoni vyf lynstane verloor.

Nigel se wenresep is hulle manier om die bal lug te gee en hul teenstanders van hulle voete af te hardloop.
Elke span het ook ‘n speler gehad wat vir 10 minute gerus het as gevolg van ‘n geel kaart.

Junaide Seedat skop pale toe.

Nigel se eerste span punte is aangeteken soos volg:

Drieë: Graig Pienaar (3) en Jannas van Dyk (1).

Junaide Seedat het met twee doelskoppe en twee strafskoppe geslaag.
Graig Pienaar was die speler van die wedstryd.

Nigel se tweede span het Benoni laat les opsê en het 22-14 gewen.

Punte is aangeteken soos volg:

Drieë: Lama Hlatswayo, Olivethu Mtyhali, en Ettienne Booysen.

Twee drieë is verdoel asook een strafskop is deur die pale gejaag.

Zama Ndawo was die speler van die wedstryd.

Nigel se vleuel Graig Pienaar duik oor vir sy drie.

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button