Local news

Nigel dam weer in kollig

Groen chemikalieë wat in die dam inloop is deur besorgde inwoners opgelet.

Die Nigel dam, wat in Maart 2022 in die kollig was nadat honderde visse weens besoedelde water gevrek het, is weer ‘n teer punt.

Dit kom nadat besorgde inwoners in Junie 2023 vir rdl Wollaston Labuschagne gekontak het oor ‘n groen chemikalieë wat in die dam inloop.

“Een van die dorp se inwoners het ‘n watermonster geneem en dit na ‘n laboratorium gestuur vir verdere toetse,” het Labuschagne gesê.

Honderde visse het verlede jaar gevrek as gevolg van besoedelde water in die dam. Argieffoto

“Op die stadium wag ons op die resultate en kan ons nog nie uitklaar vanwaar die chemikalieë afkomstig is nie.

‘n Inwoner van die dorp het ‘n watermonster in Junie maand geneem. Aan die kleur van die monster is dit is duidelik dat die water besoedel is.

“Ek het met die onderskeie departemente kontak gemaak en hoop dat die saak so spoedig moontlik ondersoek sal word en dat daar aksie geneem sal word indien ‘n besigheid of individu verantwoordelik is vir die besoedeling,” het Labuschagne gesê

Volgens inligting is die Groen Skerpioene ook tans besig om die saak te ondersoek.

Die HERAUT het die Stad van Ekurhuleni genader vir kommentaar maar teen druktyd was daar geen terugvoering nie.

Related Articles

 
Back to top button