Local news

Suikerbosoord inwoners geniet ‘n musikale oggend

Die inwoners het met oorgawe saam gesing en die oggend geniet.

Die Suikerbosoord het op 22 Junie die eer gehad om een van die ‘drie tenore’, Chris Coetzer te verwelkom.

Coetzer is tans deel van AVBOB se span wat na verskeie tehuise gaan om inwoners meer in te lig oor onder andere die voordele van begrafnisdekking.

Chris Coetzer met sy weergawe vn die gedig “Bang”.

Coetzer het ook die inwoners met musiek vermaak en op ‘n musiek uitstappie geneem.

Sommige van die liedjies wat groot byval gevind het is Dankie, Sprokie van ‘n Stadskind, Buona Sierra, Any dream will do, Ring of fire, Clap Clap Song, Khumbaja my Lord, Oorwinningslied en Jerusalem.

Suikerbosoord se inwoners geniet Chris Coetzer se musiek.

Coetzer het in sy boodskap aan die inwones aangedui dat liefde en geloof baie belangrik is en dat dit die spil is waarom elke belangrike gebeurtenis draai.

Rita van Rooyen van AVBOB het die inwoners toegespreek.

“Leef vir jou geloof maar wees voorbereid vir wat mag gebeur,” sê Coetzer.

“Moet nie spyt wees oor goed wat in die verlede gesê was nie, en as daar wel iets sleg gesê was maak dit so gou as moontlik reg. Staan sterk in jou geloof en wees dankbaar vir wat jy het,” het hy gesê.

Chris Coetzer het met sy sang items beindruk en gesorg dat almal saam sing.

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button