Local newsSport

Uitstekende resultate vir Ability Academy

Jiu Jitsu vegters maak hul afrigter trots

Ability Academy het drie vegters gehad wat op 17 Junie tydens die Versus Promosie Grappling kompetisie in Pretoria in die Jiu Jitsu afdeling deelgeneem het.

Die twee broers William en Elias Roos asook James Hendricks het hulself goed van hul taak gekwyt.

William het in die o28kg en Elias in die o32kg het beide hulle verskeie afdelings gewen.

Die wen vir Elias was baie spesiaal want dit was sy eerste goue medalje. Hy het agt maande gelede aan Jui Jitsu kompetisies begin deelneem.

James het ‘n vierde plek in die o28kg afdeling behaal. Hy het met ‘n beseerde elmboog geveg, mar deurgedruk met sy gevegte en nie opgegee nie.

Ability Academy se afrigter, Stefan Pretorius, is tevrede met al sy vegters en die veggees wat hulle openbaar.

“Al drie vegters het gewys dat hulle vir niemand terugstaan nie en ek is baie trots op elkeen van hulle,” het Pretorius gesê.

Related Articles

Back to top button