Local news

Rensburg-VLU geniet wintersoggend

Lede van die Rensburg-VLU het hul maandelikse vergadering op 13 Junie by die Heidelberg Rolbalklub geniet.

Tydens die vergadering was die lede se kompetisie artikels vir die opkomende kongres en konferensie beoordeel.
Elmarie Eygelaar het ook vir die vroue meer oor peulgewasse, die dag se tema, vertel.

Een van die tak se lede, Bettie van den Burg het haar 10-jaar lidmaadskap-knoop ontvang wat aan haar deur Jerling oorhandig is.

Die lede het ook sowat 83 bottels sopmengsel aan Solidariteit Helpende Hand se Heidelberg-tak oorhandig.

Nog 30 pakkies met allerlei benodighede sowel as blikkies sopmengsel is ook aan Helpende Hand oorhandig as deel van die tak se Hef ‘n Kind Op Projek.

Petra Basson het tydens die vergadering vir die vroue meer van haar tyd in Maleisië vertel.

Basson was in Mei in die land as deel van die Wêreldbond van Plattelandse Vroue se Wêreldkonferensie.

Die tak se volgende vergadering sal op 11 Julie plaasvind.

Vir meer inligting of om by die tak aan te sluit, kontak Jerling by 082 465 9343.

Related Articles

Back to top button