Heigel Fotoklub wys hulle Junie wenners aan

Foto inskrywings tel vinnig op.

Die Heigel Fotoklub se maandelikse vergadering is op 14 Junie in Nigel gehou.

Lede van die klub, wat inwoners van Nigel en Heidelberg insluit, kom byeen om nuttige wenke te ontvang en in die algemeen meer oor fotografie te leer.

Foto’s wat deur die loop van die maand, aanlyn in verskeie afdelings ingeskryf word, word ook bespreek.
‘n Paneel bestaande uit drie beoordelaars wys die wenners aan.

‘n Totaal van ongeveer 50 foto’s is vir die maand van Junie ingeskryf.

Die wenner van die beste voorgeskrewe onderwerp Portret in swart en wit is Pragtige dogter geneem deur Annatjie Smith.

Junie se wenfoto vir die voorgeskrewe onderwerp, naamlik Portretstudie in swart en wit was Annetjie Smith met haar foto getiteld Pragtige Dogter.

Die algehele wenfoto was Gewone Bontrokkie deur fotograaf Myra Lourens en die junior foto, Vlinder is deur fotograaf Lucas van der Merwe geneem.

Die algemene wenfoto vir Junie is Gewone Bontrokkie geneem deur Myra Lourens.

Die temas vir die res van die jaar is soos volg: Julie – Voël in vlug (kleur), Augustus – Erosie (kleur), September- Tafel Blad en stil lewe (kleur), Oktober – Lelie (kleur) en November – Sonsondergang/Opkoms (kleur).
Die volgende fotoklub vergadering is op 12 Julie.

Persone wat wil aansluit of meer inligting wil bekom kan die voorsitter, Francois van Jaarsveld kontak by 083 659 9657.

You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version