Local newsSchools

AG Visser leerders woeker op die sportveld

Verskeie spanne van die skool asook individue het die afgelope tyd baie goed gevaar.

Laerskool AG Visser het sportsterre in verskeie sportsoorte wat uitstaan.

Vissies het drie rugbyspanne wat die veld aan die brand gespeel het.

Die o9-, o11- asook die eerste rugbyspanne het deurgedring na die Sedibeng-D7 semi-finale.

Die netbalspanne staan ook vir geen span terug nie.

Die o11 en o12-netbalspanne is aangewys as Sedibeng klein skole liga wenners.

Dié spanne gaan in die volgende rondte teen sterker teenstand te staan kom waar hulle teen groter skole gaan kragte meet om die finale wenners te bepaal.

Die semi-finale vind op 21 en 22 Junie plaas.

Twee van die skool se landloopatlete het tydens die onlangse ligabyeenkoms hulself ook goed van hulle taak gekwyt.

Die byeenkoms het op 6 Mei by Hoërskool Driehoek plaasgevind.

Jacques du Toit het ‘n derde plek los gehardloop en Leane Pretoruis ‘n 11de plek.

Jacques du Toit en Leane Pretoruis.
Laerskool AG Visser se o11 rugbyspan.
Laerskool AG Visser se o11 netbalspan.
Jacques du Toit in aksie.
Leane Pretoruis in aksie.
Laerskool AG Visser se o9 rugbyspan.
Laerskool AG Visser o12 netbal span.

Related Articles

Check Also
Close
 
Back to top button