Local news

Dorp gaan armer wees sonder Diamante en Goud

Die winkel, Diamante en Goud, sal nie meer lank in Heidelberg bestaan nie

Ten spyte van die gewapende roof wat op 5 Junie by Diamante en Goud plaasgevind het, het besoekers Saterdag na ‘n rommelmark, wat daar aangebied is, gestroom.

Die publiek verwerk nog die feit dat die besigheid sy deure finaal gaan sluit en besoekers aan Saterdag se mark het groot simpatie met die eienaars en personeel van Diamante en Goud gehad.

“Ons was almal so geskok toe ons van die roof gehoor het en ook daarna van die eienaars se besluit om die winkel te sluit en verkoop,” het Heidelberg inwoner, Ruben Eales gesê.

Peter en Karen Nel, saam met hulle hond, Milo, is al vir jare deel van die Diamante en Goud markte.

“Diamante en Goud is ‘n prominente besigheid in die dorp wat ook ‘n groot toerisme aantrekking is.

“Die eienaars, Melinda en Christo is deel van ons gemeenskap, ons ken hulle en ons harte breek vir hulle,” het Eales bygevoeg.

‘n Egpaar van Heidelberg, wat ook al jare lank by die besigheid se markte betrokke is, meen dat hulle die besluit om die besigheid te sluit verstaan, alhoewel dit hartseer is.

Milo die hond, is ook ‘n welbekende gesig wat elke naweek by die winkel saam sy eienaars te siene is.

“Ons harte bloei vir die eienaars oor dit wat gebeur het,” het Karen Nel gesê.

“Diamante en Goud is so deel van die dorp en gemeenskap dat die rooftog half soos ‘n aanval op die gemeenskap voel. Ons is kwaad dat rowers so ‘n pragtige plek en sulke pragtige mense aangeval het, maar ons is ook dankbaar dat hulle ongedeerd is.”

Peter Nel meen dat dit vir die gemeenskap ‘n verlies is om die prag winkel te verloor, maar dat hulle ook verstaan.
Louma van Rooyen, ‘n plaaslike kunstenaar wat gereeld by Diamante en Goud te siene is met haar kunswerke, meen dat dit ‘n era is wat verby is.

Alida Roos, wat gereeld te siene is by die winkel en sy markte, meen dat die atmosfeer nie meer dieselfde is nie.

“Ek loof en prys die Here dat niemand beseer is nie,” sê van Rooyen.

“Die Here sal voorsien vir dit wat nodig is en Hy sal die pad vorentoe wys.”

Olga en Arnold Schroeder, ‘n egpaar wat sedert 2004 die winkel se markte bywoon en daarby uitstal, wens die eienaars alles van die beste toe.

Louma van Rooyen, ‘n plaaslike skilder, meen dat dit ‘n era is wat verby is.

“Marinda en Christo is soos familie,” het Olga gesê.

“Hulle is van die beste mense wat ons ken en hanteer almal, van hul personeel tot kliënte met liefde. Ons hoop dat hulle weet dat hulle die gemeenskap se ondersteuning het.

“Alhoewel dit ‘n groot verlies is vir ons gemeenskap, hoop en wens ons hulle alles van die beste,” het Arnold gesê.

Inwoners van Heidelberg, Nigel en omliggende dorpe het Saterdag na die winkel gestroom vir die rommelmark.

Related Articles

Back to top button