Local news

Helpende Hand reik uit in die gemeenskap

Die hoop is om ook 'n tak van Solidariteit Helpende Hand in Balfour op die been te bring.

Solidariteit Helpende Hand Heidelberg-tak het gedurende die afgelope week twee skenkings aan lede van die gemeenskap gemaak.

Martie du Plessis het op 17 Mei by die Laerskool AG Visser pakkies afgegee as deel van die HelpHetta projek.

Die pakkies bevat sanitêre items vir meisies wat dit nie kan bekostig nie.

Hetta Hasie was byderhand om die pakkies aan Christa Glad te oorhandig.

Helpende Hand het op 19 Mei die Sunfield Home Fortuna in Balfour besoek saam met Solidariteit Helpende Hand se Kleinfontein tak.

Martie du Plessies, Christa Gladd van Laerskool AG Visser en Hetta Hasie.

Hulle het komberse, truie, wol mussies, handskoene, sokkies en meer aan die inwoners oorhandig.

Verder het Helpende Hand ook ere-sertifikate aan die inwoners van Sunfield oorhandig.

Helpende Hand belan om ook ‘n Balfour tak stig. Belangstellendes kan Patricia Meyer, voorsitter van die Heidelberg-tak by 083 305 3577 kontak.

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button