Local newsSport

Ability Academy kweek kampioene

Ability Academy lewer twee MMA kampioene op.

Ability Academy het drie MMA studente wat aan die onlangse MMA Suid-Afrikaanse Nasionale Jeug Kampioenskappe deelgeneem het.

Arno Carstens, Sebastiaan Fereira en Lodhan Venter het hulle staal by die kampioenskappe gaan wys.

Carstens is as SA Jeug kampioen in die jeug C, -48kg afdeling gekroon.

Ferreira is ook as kampioen in die jeug A, -77kg afdeling gekroon.

Fereira is ‘n week vantevore ook as kampioen in Skopboks K1 en MMA gekroon.

Venter het hard probeer en het met ‘n vyfde plek in die jeug A, -77km afdeling weg gestap.

“Ons wag nou om te hoor wie is vir die SA span gekies om die jaar aan die wêreld kampioenskappe deel te neem,” het Ability Academy se afrigter, Stefan Pretorius gesê.

“Ons is opgewonde om te sien watter ander MMA sterre die kortlys maak.

“Al die harde werk en jare se oefening en ondervinding is nou besig om in plek te val vir Ability Academy en die studente van die klub.

“Ek is baie trots op elke student se deelname en sien hoe elkeen die vrugte pluk,” het Pretorius gesê.

Carstens was juis in 2022 deel van die SA span wat na Abu Dhabi getoer het vir die Wêreld Kampioenskappe. Daar was Carstens agtste geplaas.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button