Local newsSport

Nigel val vas teen Benoni

Nigel Rugbyklub veg terug teen Benoni.

Nigel Rugbyklub se eerste en tweede spanne het hulle liga bepalings op 13 Mei teen Benoni Northers in Benoni voortgesit.

Nigel se eerste span het naelskraaps met 36-35 vasgeval.

Benoni was halftyd reeds 20–8 voor. Nigel het verbete terug geveg in die tweede helfte maar moes tog die knie voor Benoni buig.

Dit was ook Nigel se eerste nederlaag in die liga vir die seisoen.

Nigel se punte is soos volg aangeteken:

Drieë: PJ de Beer, Jarico van Niekerk, Junaide Seedat en Simphiwe Jange. Doelskoppe: Junaide Seedat (drie uit vyg geslaag). Strafdoele: Junaide Seedat (drie).

Nigel se tweede span het Benoni uitoorlê en hulle wedstryd met 32–14 te wen.

Nigel se punte is as volg aangeteken:

Drieë: Ferdie Snyman, Sean Sifiso, Dean Trytsman, Andile Shange en Hendri Venter. Doelskoppe: Simphiwe Jange (twee uit vyf doelskoppe geslaag), Strafdoel: Simphiwe Jange. Speler van die wedstryd: Ferdie Snyman
Nigel Rugbyklub se volgende wedstryd is 20 Mei teen Edenvale op die John Vorster Stadium in Nigel.

Related Articles

Back to top button