Local newsSport

Berge draf Tsakane kaf

Heidelberg verstewig hul posisie n die Kestrel Liga.

Heidelberg Rugbyklub het op 13 Mei teen Tsakane te staan gekom in die Kestrel liga.

Die wedstryd was op Tsakane se veld beslis. Berge het die wedstryd op ’n drafstap met 74-7 gewen en in die proses hulle posisie bo aan die liga punteleer verstewig.

Met rustyd was Heidelberg reeds voor met ‘n stewige 31–0.

Heidelberg het in die wedstryd 12 drieë en sewe doelskoppe in punte laat omskep.

Juanrich Dercksen skop pale toe.

Drieë: Brennan Ryan (3), Franco Strydom (3), Ronald Rice (2), Ryno Lategan, James Atturbury, Snyders en Bongi Ntuli. Doelskoppe: Juanrich Dercksen (7).

Daar was een geelkaart in die wedstryd gegee.

Voorspeler van die wedstryd was Ryno Lategan en agterspeler van die wedstryd was Brennan Ryan.

Heidelberg se volgende wedstryd is 20 Mei teen Kathlehong op Volkskool se rugbyveld.

Berge op die aanval teen Tsakane.

Related Articles

Back to top button