Volkie ruiters vaar uitstekend

Volkie Ruiters bly in die saal.

Twee Volkies presteer in die perdry en ruiter dissiplines.

Jana en Francois Potgieter het tussen 22 tot 28 April aan die Nasionale Saalperd Kampioenskappe in Bloemfontein deelgeneem.

Jana Potgieter is na afloop die kampioenskappe as o14 kinder-karperd kampioen gekroon.

Francois Potgieter het aan die saddle seat equitation (ruiterkuns) kampioen van kampioene items deelgeneem.
Francois was deel van die Gauteng span en het ‘n vierde plek losgery.

Verder het Francois ook ‘n tweede plek in die driegang plesierperd o18 afdeling behaal.

Francois gaan in Augustus aan die Proteaproewe deelneem.

Francois Potgieter.
You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version