Local news

Oppiland Fees spog met meer as 30 kunstenaars

Dertig kunstenaars gaan deur die loop van die naweek optree.

Die Oppiland Fees word vanjaar van 26 tot 28 Mei by die Stable Inn Konferensiesentrum in Springs aangebied.
Verlede jaar het meer as 15 000 mense die fees bygewoon.

Frans Swart, feesdirekteur, sê dat die Stable Inn Konferensiesentrum en Bush Inn Karavaanpark die ideale terrein vir ‘n fees van hierdie omvang is.

“Omdat die gronde so groot is, is dit vir ons maklik om baie groot te gaan, selfs groter as verlede jaar,” het Swart gesê.

Behalwe vir meer as 30 kunstenaars sal daar oor die naweek ook heelwat ander aktiwiteite wees.

“Ons kuns- en vlooimark het reeds oor die 150 bespreekte stalletjies en ons hoop om uiteindelik by 200 stalletjies uit te kom,” het Swart verduidelik.

Hy noem ook dat daar verlede jaar verskeie versoeke was om ook stalletjies onderdak te doen.

“Ons het na ons ondersteuners geluister en vanjaar gebruik ons ook die tentsaal en verskeie ander binnenshuise lokale vir stalletjies,” het Swart gesê.

Op 26 Mei kom die rockers aan die beurt met onder andere Francois van Coke, Tasché, Martin Bester, Van Kose en Ouderdoos.

Op 27 Mei is dit Afrikaans met die room van Afrikaanse kunstenaars soos Jan Jan Jan, Chris Chameleon, Koos Kombuis, Sonja Herholdt, Jan Rhaap, Deon Groot en vele meer.

Francois van Coke gaan op die Vrydag optree.

Op 28 Mei is dit Gospel en Country met West, Die Broers, Bernice West, en Hunter Leite.

Daar word ook ‘n gesamentlike kerkdiens beplan op 26 Mei om 09:00 met die aanbieding, In die spore van Jesus met die Broers en ds Francois Gouws. Gemeentes en kerke wat belangstel om deel hiervan te wees, kan vir Lefra Produksies by 011 815 3000 skakel of ‘n epos aan info@lefra.com stuur.

As bonus produksie, word Liewe Heksie vir die kleingoed op 27 Mei aangebied.

Dan gaan die rofstoeiers van WHA Wrestling op Saterdag en Sondag sake uitspook
Swart sê dat daar ook heelwat aktiwiteite vir die kinders aangebied gaan word. “Daar gaan ’n kinderarea wees waar ouers hulle kinders in veilige bewaring kan laat met heelwat aktiwiteite soos springkastele, TV-speletjies, gesigverwers en meer.”

Mense wat in stalletjies belangstel, kan vir Monica Booysen by 011 815 3000 skakel of ‘n e-pos na admin@lefra.com stuur.

Aanlynbesprekings vir kaartjies is reeds oop by www.LTickets.co.za of by 011 815 3000.

Related Articles

Back to top button