Local newsSport

Ability Academy het twee kampioene by die SA’s

Die vegters het hul kant gebring op die dag.

Ability Academy Heidelberg se vegters het die naweek van 29 en 30 April deelgeneem aan die Suid-Afrikaanse Skopboks (Kickboxing) Nasionale Kampioenskappe.

Die byeenkoms het by die Mogol Golf Klub, Lephalale, Limpopo, plaasgevind.

Na die kampioenskappe het twee plaaslike vegters as kampioene weggestap.

Sebastiaan Ferreira en Vincent van Seventer is as kampioene gekroon.

Ferreira is die kampioen in die K1-afdeling en van Seventer is ‘n kampioen vir in punte-afdeling, ligte kontak-afdeling asook lugskoppe- (kicklight) afdeling in sy gewigsafdeling.

Ability Academy het altesaam agt podium plekke by die SA’s behaal.

Stefan Fourie het ‘n tweede plek in punte- en Lugskop-afdelings en derde in Ligte Kontak behaal.

Esmerelda Zeilinga het ‘n tweede plek behaal in haar punte-afdeling.

“Ek is baie trots op die span,” het Ability Academy se afrigter Stefan Pretorius gesê.

“Almal het hulle beste gegee, en dis al wat ek as ‘n afrigter kan vra. Ek wil ook Esmerelda Zeilinga spesiaal bedank in haar toewyding en hulp met die afrigting. Esmerelda het ook verseker dat al die reëlings in plek was.”

Related Articles

Back to top button