Vrou kan weer hoor danksy skenking

Die oudioloog het toe self ‘n gehoortoestel geskenk.

Solidariteit Helpende Hand se Heidelberg-tak met voorsitter Patricia Meyer aan die stuur het onlangs ‘n vrou gehelp wat met haar gehoor sukkel.

Babs Visser (70) se dogter, Mariette Visser, het Helpende Hand gekontak om uit te vind of hulle kan help.
Visser het aan Patricia verduidelik dat haar ma se gehoor is nie meer van die beste is nie.

Babs Visser kan nou weer mooi hoor.

Helpende Hand het wel ‘n gehoorapparaat gehad wat op ‘n stadium aan hulle geskenk was.

Meyer het die apparaat na ‘n oudioloog in Heidelberg geneem om vas te stel of die toestel gebruik kon word.

Ongelukkig was die toestel al ’n bietjie verouderd en was die program, wat nie meer beskikbaar is nie, nodig om die toestel weer te laat werk.

Die oudioloog het toe self ‘n gehoortoestel geskenk aan Babs ter waarde van ongeveer R15 000.

“Met goedhartige besighede wat ons help, voel ek baie nederig en geëerd om iemand anders te kon help om weer goed te kan hoor,” het Meyer gesê

Enigeen wat wil betrokke raak by Helpende Hand se Heidelberg-tak of enige donasies wil maak kan vir Patricia Meyer by 083 305 3577 kontak.

You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version