Local newsSport

Wêreld Swemkampioenskappe wink vir Simoné

Simoné Moll is besig om groot golwe te maak.

Swemsensasie van Heidelberg, Simoné Moll, het onlangs aan die SA Senior Nasionale Kampioenskappe in Port Elizabeth deelgeneem.

Die kampioenskappe was by die Newton Park Swembad van 12 tot 16 April gehou.

Moll het uitgeblink in die 50m borsslag vir vrouens, waar sy teen die land se beste swemmers deelgeneem het.
Moll het ‘n derde plek losgeswem.

Die swemmers wat eerste, tweede en vierde plek behaal het, het almal Suid Afrika tydens die onlangse Olimpiese Spele verteenwoordig.

Lara van Niekerk (goud, 29:78), Tatjana Schoenmaker (silwer 30:71), Simoné Moll (brons, 31.66), en Kaylene Corbett (vierde, 31:72).

Hiermee kwalifiseer Moll om aan die Wêreld Swemkampioenskappe in Fukuoka, Japan, van 14 tot 30 Julie deel te neem.

Related Articles

Back to top button